Bruidspartytjie

Maryke Jakob
Maid of honor
Ursula en Maryke het na Univertisteit ontmoet. Dit het nie lank gevat vir Maryke om in Ursula se hart te klim en diep voetspore te trap nie! Maryke is ‘n avontuurlustige mens wat altyd gereed is om nuwe herinneringe te maak. Sy was die kaptein van 'n SA ‘Woman only’ Dota span…so sy het baie versteekte talente ook nog! Maryke is iemand op wie mens kan staatmaak, vertrou en wat altyd vir jou sal bystaan, maak nie saak wat nie! Maryke maak altyd seker dat almal hulself geniet, so as iemand vir jou ‘n shot aanbring by die troue, het jy vir Maryke gevind!
Elmarein Joubert
Bridesmaid
Elmarein, beter bekend as Fiela, is JP se niggie, maar meer soos JP se suster! Sy is die een wat vir hom aan Jan Blohm voorgestel het, wat sy unieke danspassies uitgelok het… Fiela en Ursula het in ‘n oogwink onafskeidbaar geraak en het ‘n unieke band gevorm wat gekoester word. Sy en Ursula deel hul diepste geheime met mekaar en staan deur dik en dun saam! Fiela het die kleinste omgee-hartjie en is baie beskermend oor die mense vir wie sy lief het. Haar humorsin is iets om te beleef, veral na die 3rde pienk Gin en jelly baby shot! Sy is ‘n absolute ‘neat-freak’, behalwe as dit kom by haar klere kas.
Chandré van Wyk
Bridesmaid
Chandré, beter bekend as ChanChan, is Ursula se vriendin vir die laaste 5 jaar en was saam met JP op skool (Vakie Theron….). Sy is ‘n baie lojale vriendin wat altyd by jou sal staan, maak nie saak wat nie! Sy is komieklik “feisty”, so maak seker jy bly in haar goeie boekies! Chandré is eintlik diep binne ‘n event planner, want dinge reël en kreatiewe idees kom van natuur. Chandré is Lily se peetma, al sal Lily nie saamstem nie… Chandré het hierdie jaar begin Frans leer - uiteindelik is haar unieke brei 'n voordeel! Met haar brei en Ursula se hakkel, gaan hulle nog saam ‘n onvergeetlike pad stap.
Angelique du Toit
Bridesmaid
Ursula en Angelique het ongeveer 2 jaar terug ontmoet deur hul ander helftes, waar daar vining ‘n spesiale vriendskap ontwikkel het. Nie lank daarna nie het hulle by dieselfde maatskappy begin werk – duidelik kan hulle nie genoeg van mekaar kry nie! Angelique is ‘n mense-mens wat altyd reg is om nuwe avonture aan te pak. Sy het ‘n baie sagte hart en is ‘n perfekte voorbeeld van self-refleksie. Angelique is mal oor wyn en het soms die vreemdste konkoksies wat sy aanbied as jy by haar gaan kuier. Sy het onlangs golf aangepak as ‘n nuwe sport en is baie trots op haar goeie swing…
Karla von Waltsleben
Bridesmaid
Ursula en Karla het 10 jaar terug ontmoet op die eerste dag van universitieit (hulle altwee was laat) en het dadelik geclick. Van daardie dag af het hulle paaie nooit weer geskei nie en hulle was altyd daar vir mekaar, deur die goeie en slegte tye – waar hulle in hul nagklere Pringle Baai toe ry vir die naweek met net 1 stel klere en ‘n bottel wyn! Karla het ‘n omgee-hart wat altyd ander mense eerste stel en die mooi in almal raaksien. Sy is ‘n fees om mee tyd te spandeer, waar daar nooit ‘n vervelige oomblik is nie. Sy het 11 tattoos, is mal oor skilder en is familie van Joey van Joey’s vleisprodukte.
Carmen Batt
Bridesmaid
Carmen is Ursula se broer se meisie al vir 7 jaar - haar toekomstige skoonsuster! Carmen lyk maar so stil wanneer jy haar ontmoet, maar is eintlik ‘n avontuurlustige mens wat haar alles sal gee vir die mense wat naby aan haar klein, sagte hartjie is. Sy is iemand wat staan vir wat reg en verkeerd is; iemand op wie jy kan staatmaak. Sy is ‘n fees wanneer sy ‘n verversing geniet, en sal nooit nee sê vir ‘n bietjie vasdans nie… Carmen het nooit pop gespeel toe sy jonger was nie, maar eerder met karretjies, al is haar gunsteling kleur pienk!
Andro Niewoudt
Best Man
Andro, meer bekend as "Mot", is ‘n Rekenmeester en verder is daar nie werklik veel interessant aan hom nie... Andro en JP ken mekaar al vir jare, maar toe die vriendskap so paar jaar terug vlam vat, toe vat hy behoorlik! Hulle is lief daarvoor om rooiwyn te drink en skelm gedurende ‘lockdown’ oor en weer te kuier. Die kuiertjies is meer gefokus op wie die ‘remote’ mag kry om musiek te speel, maar eintlik wil hulle net die ‘remote’ van Ursula en Angelique weerhou. Andro is eintlik JP se Best Man omdat hy vir Ursula belowe het om eendag ‘n Jetski vir haar te koop. Andro is ‘n ongelooflike vriend vir JP en Ursula.
Rohan Conradie
Groomsman
JP en Rohan, beter bekend as Conradie, se vriendskap het in 2014 afgeskop om ‘n kampvuur met toetsrugby - hul twee gunsteling dinge om te doen! Van daardie dag af gesels hul feitlik elke dag, nie net oor hul eie geheime nie, maar ook ander s’n. Conradie het nie ‘n probleem om tekkies saam met sy jean te dra nie en is ‘n “pen pusher", maar sal enige iets gee om in die bosveld te wees. Conradie is ook altyd bereid om te help waar hy kan, behalwe by die braai. Met ‘n dankbare hart kan mens sien hoe vriendskap en liefde floreer. Hy is ook sy vriende se makelaar, so vertroue is heel bo-aan hul pioriteitslys.
David Louw
Groomsman
David en JP is al vriende sedert 2010, waar hulle al ‘n lang, interessante pad saam stap. David is die rede hoekom JP in Amerika gaan werk het en hulle geniet mekaar se grappe soos net hulle kan! David is amper 7m lank, maar is gebou soos ‘n stoor. Hy kan ‘n cherry met sy tong knoop en is ‘n Gimmie – iets wat hy sommer vir jou sal sê nog voordat jy vra (soos enige Paarl Gim leerder mos doen)… Dankbaarheid vir altwee se insette oor die jare, fisies en geestelik, sal altyd bo-aan die orde van die vriendskap bly. Die feit dat David n bloubul is maak dit alhoewel nie maklik nie.
Kelly Ruthenberg
Groomsman
Kelly is JP se enigste Engelse vriend, wat ‘n goeie ding is, want JP kry miltsteek waneer hy Engels praat. Hulle het vir 2 jaar saam in Amerika gewerk, waar hul broederbond net sterker geword het. Gesond eet en trok ry was een van hul gewildste kenmerke, met die klem op ‘was’. Om stories van Amerika te vertel is iets wat almal al gehoor het, maar moet nie bekommerd wees nie – hulle sal dit weer vertel! Kelly kan nogsteeds nie die "splits" doen nie (nadat hy menigde kere al probeer het) en het ‘n hond met die naam Frikkie.
Ruben Wessels
Groomsman
Ruben is Ursula se broer.
“My favourite fruit is Avo, maar toevallig is dit die enigste ding waarvoor ek soortvan allergies is!”. Ruben is die familie se IT-guru en Formula 1-raadgewer.Hy het selfs die voorreg gehad om ‘n formula een wedren in Duitsland te gaan kyk. JP en Ruben verstaan mekaar al van dag 1 af, met stoute grappies wat so onderlangs gemaak word wat net hul sal verstaan. Die 2 raak binnekort swaers en sal nog ‘n lang pad vorentoe stap. Elke Sondag se middagetes sal ook nooit oud raak nie. Ruben en Ursula was die katterige boetie en sussie geval, maar kom nou baie goed oor die weg, alhoewel JP voel hy het alles normaal kom maak. Vorentoe sal die familie etes net beter en groter raak. Dit hang tog van die 2 manne af om die onderskeie familie name verder te vat.
Morne Willemse
Groomsman
Morras of Tribbes, soos Ursula hom noem, is haar beste seunsvriend vandat hulle mekaar by Durbanville Kollege ontmoet het en saam studeer het. Morné is iemand op wie mens kan staatmaak en enige tyd van die dag kan bel. JP en Morné se broederskap het oor die jare ontwikkel en sterker geword, veral toe koffie-kuiers ‘n weeklikse instelling geword het. Naweke is natuurlik waar dit floreer het, waar JP en Morné bekend geword het vir diep geselsies na 2uur die oggend. Morné speel nogsteeds 1ste span krieket, maar kan nogsteeds nie lopies kry nie. Hy is ook beter bekend as die man met die gesig op die kar.
Stiaan Alberts
MC
“Met die vriende wat ek het, het ek nie vyande nodig nie.”
Stiaan ontmoet vir Ursula en JP in Desember 2018. Stiaan laat nie ‘n aand verbygaan sonder die woorde “het jy gehoor van die” nie. Stiaan was al MC nog voordat JP vir Ursula gevra het om te trou. Die gemak van gesels oor enige iets en laatnag soos Zorro arriveer oor parkie gras in ‘n Hilux is iets wat altyd onthou sal word. Stiaan is ook ‘n kranige sportkenner, so hy en Jp deel graag hul kennis gedurende rustyd van ‘n Springbokwedstryd. Die woorde ‘filter’ of ‘plein’, ‘Weskus nagmaal’ en “but here I am”, sit altyd die drie aan die lag. Julle sal almal op jul gemak voel met Stiaan aan bestuur van sake by ons groot dag.
29 Oktober 2022
Drosberg | Paarl